Nature background
Olive Leaf Line Illustration
Modern Scribble Circle

RONDEBOSCH

NG GEMEENTE

Ons is 'n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die ​gemeenskap uitreik.

We are an inclusive family which reaches out to the community with ​joy and with open doors.

As jy ons kerkkompleks betree, belowe ons jou 'n spasie van ​immuniteit, anonimiteit, en eenheid. Mag jy aanvaarding, liefde en ​sin ervaar.


Kom wees deel van ons familie!

Weekly schedule / ​Program vir die week


Sondag

09:00

Erediens/ Morning Service - church building

18:00

In Silentio - silent services (45-min) - church building (Kapel van die Aankondiging)

Dinsdag

10:00

Erediens/ Morning service - Huis Lückhoff

Where we meet / Waar ons bymekaar woord

Eredienste op Sondae, 09:00 in die kerkgebou.

Hiertoe dienste word ook op Facebook en via Zoom gestroom om 09:00.

Location Pin Icon

NG Kerk Rondebosch

Derryweg 2, Rondebosch

Kaapstad


Our Parish History / Ons gemeentegeskiedenis

You can read more about our parish history, below. Special thanks to Morné van Rooyen.

Congregation News / Gemeentenuus

We​ekly Bulletin

Download our weekly Bulletin to find out what ​our congregation is involved in, this week.

Maandelikse Nuusbrief

Lees gerus wat gebeur maandeliks in ons ​gemeen​te in “Die Rondebossie”.

‘n Plek van immuniteit


Indien jy hier verby gekom het en geïntimideerd of ​kwaad voel oor wat godsdiens aan jou gedoen het, weet ​asseblief dat ons immuniteit aan jou skenk. Ons leef ​inderdaad in ‘n tyd van godsdienstige ekstremiste, ​homofobie en fundamentalisme. Hoe put ons dan tog uit ​die inspirasie wat religie ook oor jare na ons gebring het? ​Hoe vind ons inspirasie eerder as oorrompeling en die wil ​om te domineer?


By Rondebosch Gemeente is daar onvoorwaardelike ​oorgawe aan die vryheid wat God bied om vryelik te mag ​praat met wie jy wil. In hierdie spasie kan jy die labirint ​van die lewe betree en in die ritme van die Gees stap, ​daardie ritme wat jy uniek hoor. Ons bied ‘n “heilige ​ruimte” aan almal en beloof die wonderlike vryheid wat ​daar in God is.


Mag hierdie ruimte die klimaat wees wat godsdiens jou ​bied en waarin jy kan floreer.


Couple praying together
Person Holding a Progress Pride Flag Outdoors

‘n Plek van anonimiteit


Indien jy hier verby gekom het en twyfel of jy by ‘n spesifiek ​denominasie moet aansluit en moet “inkoop” in die ​belydenis van dié denominasie, wees gerus. Hier is baie ​mense wat geen vaste geloofsdissipline beoefen nie.


Die lewensreël by Rondebosch Gemeente is: laat die ​vreemdeling tuis voel! Almal se name is heilig, maar ​niemand hoef hulle name op ‘n lidmaatskapvorm in te vul ​om ernstig opgeneem te word nie. Moontlik wil jy net weer ​jou verhouding met God kom optel. Dalk kom jy om jou ​skuldgevoel te bely. Of om ‘n las af te laai. Of vir ‘n geliefde ​te bid. Of om net in die skoonheid van heiligheid te kom rus. ​Of om oor ‘n persoonlike uitdaging te mediteer. Of om net ​vir ‘n oomblik te kom rus. Ons kerk het ‘n hoë dak in die ​vorm van ‘n skip sodat jou gees in die verskeie rigtings kan ​vaar sonder gedwonge gemeenskap met ander.


Rondebosch Gemeente is ‘n spirituele spasie waar ​anonieme individue op ’n pelgrimstog tuis mag wees.

‘n Plek van eenheid


Indien jy hier verby gekom het en beleef dat die lewe ​gefragmenteerd is in ‘n magdom onversoenbare ​gebroke stukke, weet dan dat daar in Rondebosch ​Gemeente hoop is. Hierdie hoop waaraan ons vashou, is ​in God geleë omdat hy die oënskynlike teenstrydighede ​vashou.


Ons glo God is die Alfa. Van die begin af was alles in ​eenheid met Hom gewees. God is die Omega. Aan die ​einde sal alles weer met God verenig wees. Nou, ​intussen, vind ons hierdie eenheid in die hoop van hulle ​wat God hier aanbid.


Ons streef daarna om hierdie hoop op die volmaakte ​eenheid hier lewendig te hou. Daarom word ons geroep ​om oordadige gasvryheid te betoon – aan almal en in ​alle omstandighede. Hier sal jy hartlik welkom geheet ​word! Ja, ons is deel van ‘n spesifieke godsdienstige ​tradisie (NG Kerk van Suid Afrika). Ons is nie deel van die ​tradisie omdat ons meen óns tradisie het die ​eksklusiewe reg op die waarheid nie. Wanneer jy op ‘n ​pelgrimstog na eenheid vertrek, vertrek jy van ‘n ​spesifieke punt.


Rondebosch Gemeente, as deel van die NG Kerk in Suid ​Afrika, is ons laaste vertrekpunt. Ons reisgenoot bly egter ​Jesus Christus. Ons glo dat Hy die uitdrukking van God se ​liefde vir die wêreld is. In Hom is die eenheid wat verby die ​finaliteit van die dood strek.


In hierdie gefragmenteerde samelewing bied Rondebosch ​Gemeente jou ‘n Huis van gebed vir almal, ‘n blywende hoop ​dat daar Eenheid in die sentrum van die lewe is.


Jy is meer as welkom!

Meet our staff / Ontmoet ons personeel

The team behind the scenes, allowing for a smooth Sunday service each week:

Dr Johan & Ansie ​van den Heever


Pastor & elder couple

Ester Freeman


Church Administrator

Gavin Crow


General Assistant

Tamara Pow Chong


Media Coordinator

Caring groups / Omgeegroepe

Living Word group

Senior members who focus on Bible study.


Ansie or Dr Johan van den Heever

083 285 2725

Koinonia hiking group

All ages & fitness levels welcome!


Pieter Jansen van Rensburg

082 493 8748

In Silentio (In Stilte / In Silence)

In Silentio: Daar is 'n mooi ou kerkgebou in die suidelike voorstede in Kaapstad. Vir 'n lang tyd droom mense al saam om hierdie ruimte te ​omskep in 'n kontemplatiewe tuiste vir pelgrims uit alle rigtings en stadia op hulle reis. Die droom is dat hierdie ruimte mettertyd sal dien as ​rusplek en rigtingwyser vir pelgrims soekend na 'n verdiepende ervaring en verhouding met God.


Soos die spasie mettertyd 'n skelet ontwikkel met gereelde ritmes van kontemplasie in aksie, sal ons saam verder bou aan sy vlees en ​gestalte. (Ons droom oor 'n lewensreël wat soos 'n trellis ons lewens ondersteun, en dat hierdie 'n 'sentrum' word vanwaar retraites, ​stiltemeditasies, spirituele begeleiding, en die spiritualiteit van Ignatius ondersteun en beoefen word.)

In Silentio: There is a beautiful old church building in the southern suburbs of Cape Town. For a long time, people have been dreaming ​together to transform this space into a contemplative home for pilgrims from all directions and stages on their journey. The dream is that ​over time this space will serve as a resting place and direction indicator for pilgrims looking for a deepening experience and relationship ​with God.


As the space develops a skeleton over time with regular rhythms of contemplation in action, we will continue to build on its content and ​form. (We dream about a rule of life that supports our daily lives like a trellis, and that this place becomes a 'centre' from where retreats, ​silent meditations, spiritual direction, and the Ignatian spirituality are supported and practiced.)

In Silentio meets for their regular rhythm - a weekly contemplative silent service on Sunday evenings at 18:00 in The Chapel of the ​Annunciation the church building.

Simple Contact Us Line Icon.

Hannelore Olivier - hanneloreoli4@yahoo.com / 084 404 5080


Johan van den Heever - vdhj100@gmail.com / 083 448 2609

Anna-Lize Pretorius - anna-lize@asah.co.za / 082 518 9947

Four Rock Formation

Ministries / Waar bedien ons

We have several ministries. Feel free to contact the relevant persons if you would like to get involved.

Strategie

Dr Johan van den Heever

Getuienisbediening

Dr Johan van den Heever

Steundienste

Gerrit van der Merwe

Aanbiddingsbediening

Carien Ras

Everyone needs support

Huis Rosedon

Marietjie Laubscher

Huis Lückhoff

Johan Marx

Volhoubaarheids bedining

Duncan Martin

Diensverhoudinge

David Lotz

Vrouebediening

Ansie van den Heever

Samaritane bediening

Karen Nefdt

“Let the word of Christ dwell in you richly, teaching and admonishing one another in all wisdom, ​singing psalms ​and hymns and spiritual songs, with thankfulness in your hearts to God.”

- Colossians 3:16

Witness Ministries / Getuienisbediening

We are involved in several missions. We post feedback about the missionaries as we receive it from them.

How does our witness ministry work?

From our strategy, we have decided that we are a sent congregation that also wants to reach out in our immediate ​environment. We want to make our mission involvement sharper and more focused. Do less but better and thus ​cultivate more interest among members. From now on, we are going to focus more strongly on the missionaries ​whom we support financially. They must live in the hearts of the congregation. These missionaries are:

Wessel & Joan

van der Merwe

Danie & Esther

van Niekerk

Rev. Allan & ​Lorraine Knowles

Gwen Gaffley

Wat beteken dit om 'n gestuurde gemeente te wees?

God se droom vir ons Gemeente: Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik. ​Gestuurde Gemeente.


“Waar is God tans aan die werk en waar sou Hy dat ons saam met Hom werk?” Iemand het een keer die vraag ​beantwoord met: ”God is oral aan die werk!” Dit is 'n mooi vroom antwoord, maar nie geloofsonderskeidend nie. ​'n Gestuurde gemeente kan nie met so 'n antwoord tevrede wees nie. Ons wil werklik bepaal waar sou God nou wou ​hê moet ons met ons gawes en hulpbronne 'n verskil maak, hiér en nóú.


Ons wil dus nie met organisatoriese veranderinge besig wees nie. Ons wil 'n nuwe kultuur skep van gestuur-wees. ​Eersgenoemde fokus op kleingroepe, eredienste, ens. Laasgenoemde gaan gepaard met diepgaande verandering ​binne ons. Die woord omvorming is vir my 'n beter woord. Die Gees van God omvorm my van binne af buitentoe. ​Letterlik sou dit beteken ons fokus al hoe minder op instandhouding van ons gemeente (dit sluit in geboue, ​fasiliteite, strukture, ens.) en ons raak meer gerig na buite, na die mense in ons gemeenskap! Ons fokus op ​organisatoriese verandering het ons by 'n punt gebring waar ons strukture en fasiliteite redelik goed in plek is. Dit ​het ons egter ook op 'n punt gebring waar “uitreik” (sendingwerk) iets is wat 'n klein groepie mense in ons gemeente ​mee besig is. Nou val die klem egter op ons almal as gestuurdes.


Ons weet egter dat enige verandering/omvorming bedreigend is. Om 'n gestuurde gemeente te wees, is nie iets nuuts ​wat ons nou uitgedink het nie. Om 'n gestuurde gemeente te wees, is 'n strewe van ons (NG) Kerk oor jare heen, ​maar ook die Kerk deur die wêreld. Die liggaam van Christus kom al hoe meer in beweging, om waar die Liggaam ​homself ook mag bevind, daar 'n verskil te maak.


U-Turn Homeless Ministry

U-Turn is a non-profit organisation based in Kenilworth, a suburb of Cape Town,

and is on a mission to equip people with skills to overcome homelessness.


We have partnered with U-turn and are an official area supplier of their Mi-​Change vouchers.


“God made every person intrinsically valuable and no-one should have

to sleep on the street.”


Huis Lückhoff

Huis Lückhoff is ‘n Tehuis vir Bejaardes geleë in Rosebank, ‘n voorstad van Kaapstad, en ​vorm deel van ons gemeente.


Daar word voorsiening gemaak vir mediese- en verswakte sorg vir die inwoners.


Microphone with Cord on Beige Background

Sermons / Preke

Listen to our latest sermons via SoundCloud, below:

Kaapkerk & Kerkbode

Find out what is happening in the wider Kaapkerk church

- and read up on the latest news via the Kerkbode website.

Kaapkerk

Kerkbode

Contact / Kontak

Address


NG Church Rondebosch

2 Derry Road

Rondebosch

Cape Town


Telephone: 021 686 4315

Email: ngkrbos@mweb.co.za

QR code for smartphone. Inscription scan me with smartphone icon. Qr code for payment. Vector.

Office Hours

Weekdays: 8:00 - 13:00

Office closed on Wednesdays

Simple Facebook Icon

ABSA Claremont


Account number: 2870141125

Branch code: 632005

Swift code: ABSAZAJJ